Die Kruin Newcastle

Die Kruin

Kontakinligting:

 

 

Historiese feite:

NG Gemeente Die Kruin is op die 8 ste Maart 1981 gestig. Eredienste is aanvanklik in ‘n nabygeleë skoolsaal gehou, maar vandag pryk die kerkgebou wat op die 16de April 1983 in gebruik geneem is, aan die noordelike kant van Newcastle.     

 

Die eerste leraar van die gemeente was Dr. JA Vorster. Hy is opgevolg deur Ds. Robert Snyman, wat die gemeente net vir ‘n tydperk van 8 maande bedien het. Dr. André Strydom het op die 2 de September 1989 sy intreepreek gelewer, en leef nog steeds sy roeping in die gemeente uit. In 1997 is ‘n groot projek aangepak, naamlik die bou van ‘n kerksaal! Naas die saal, huisves die aangeboude gedeelte die administratiewe kantore van die gemeente.