Suidkus

Suidkus

Kontakinligting

  • Leraars: ds MW Pienaar, ds FJ Klopper, ds FW Neser, ds C de Vries
  • Kassier: Marietjie du Preez
  • Skakelbeampte: Carine Rix
  • Kerkkantoor: tel 031 903 6567 (Ma-Vr 08:00-13:00)
  • E-pos: suidkus2@telkomsa.net
  • Kerkgebou: Froststraat 3, Amanzimtoti

Bakkiesboek: NG Kerk Suidkus

Webblad: www.ngsuidkus.co.za

‘n Stukkie geskiedenis

Die gemeente is op 4 Julie 1958 afgestig van Montclair.  Weens onsekerheid oor ‘n moontlike prosedurefout is die afstigting op 17 Desember 1958 deur die Ringskommissie bevestig.  Ds. DJJ Oosthuizen was die eerste leraar.  Met verloop van tyd was die twee kerksale nie meer voldoende vir die groeiende gemeente nie, en die nuwe kerkkompleks is op 12 Mei 1974 in gebruik geneem.

Halfeeufees

Suidkus gemeente het op 30 en 31 Augsutus 2008 ons Halfeeufees gevier. Saterdag het almal geskater oor al die staaltjies wat die dominees vertel het. Met die Nagmaalviering was die kerk stampvol.  ‘n Ete vir 300 mense is in ‘n markiestent op die parkeerterrein gehou.  Almal was onder die indruk van die Here se genade vir vyftig wonderlike jare in die gemeente se bestaan.